Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "In die Slamse buurt" deur I.D. du PLESSIS
"In die Slamse buurt" deur I.D. du PLESSIS [boodskap #31634] Do, 15 Junie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

IN DIE SLAMSE BUURT
I.D. du Plessis

Die maan sit in die mik gevang
Van 'n afgeleefde appelboom
Wat met vermaerde vingers
Krampagtig aan die hemel klou.
Die rooi en swart kofijas buk
Om uit die resonante snaar
‘n Trillende akkoord te pluk.
Die lig flits op 'n geel kitaar;
En soos 'n duiwetrop wat swenk,
Swyg al die sangers,
Met vae leed bevange.
Nog net een oue kreun
‘n Halfvergete melodie
Van hartseer en verlange.
Vorige onderwerp: Luister !
Volgende onderwerp: "Riemtelegram" deur LOUIS ESTERHUIZEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 05:28:20 MGT 2024